
=====================================================================
Hy verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hy verpersoonlik eerlikheid

Gawie Keyser   gee 'n Afrikaanssprekende in die vreemde se indruk van twee Afrikaanse digters, maar veral van n. KOESTER hom, bejubel 
hom, verguis hom, maar sorg veral dat Gert Vlok Nel bly skryf.

Toe die man met die spoorweg-hartseer uit Beaufort-Wes nou die dag in Den Haag was, het baie Nederlanders vir die eerste keer met hom 
kennis gemaak. Om maar te swyg van Suid-Afrikaners vir wie die Groot Karoo n jare in die wildernis net 'n droom is.

Miskien is juis die droomgehalte van sy gedigte en sy optredes 'n belangrike wegwyser na die ikoniese betekenis van Gert Vlok Nel. Self s 
hy oor die Beaufort-Wes waaroor hy dig: "Dit bestaan nie regtig nie; ek het dit bymekaar gelieg."

Sy verskyning op die verhoog wek die atmosfeer van 'n ander wreld: die geprojekteerde skyfies agter hom, sy gesig verberg onder die baard, 
terwyl hy kop onderstebo staan en sing, kitaar speel en die bekfluitjie liefkoos. Dis 'n volstrek vreemde verskynsel. Jy kan aan Bob Dylan 
dink, maar Dylan is skreeulelik.

En wie het ooit gedurf om die Here, Kuifie en Koos du Plessis in een asem te noem? Postmodernisme uit die Karoo.

Vir die dekodeer van Gert Vlok Nel hoef jy nie Suid-Afrikaans te wees nie, hoewel dit baie help -- juis as jy hom, met sy spesifieke 
agtergrond, plaas in die plek in die geskiedenis waar Afrikaanssprekendes hulle vandag bevind.

Is hy nie die straattroebadoer wat in onsuiwer Afrikaans die harte van onsuiwer mense roer nie? Is hy nie die vertolker van die sug na 'n 
vroer tyd nie? Toe dinge natuurlik baie beter was nie? Luister, nostalgie het nog nooit iemand kwaad gedoen nie. Lyk my ons verstaan 
presies wat hy s as hy dig: "dit dan ook boonop. daar was 'n flippen horribale moord / nou die dag eergister."

In "landskap" -- sekerlik een van die mooiste gedigte in Afrikaans -- verstaan ons die ruimtelike verbeelding: die skool, die poskantoor, 
ons huis, die spoorwegwerf, die wolkies en die maan en uiteindelik "die dun lyk van Kosie April".

Verpletterend.

Vraag is of Nederland hiervan kop of stert uitmaak?

Proefondervindelik staan hy onlangs op die verhoog in Den Haag by die Winternachten fees, wat elke jaar lekkerder word.

Ten minste n Nederlander ken Gert Vlok Nel se digkuns deur en deur, en sy naam is Gerrit Komrij,   pous van die Nederlandse letterkunde. 
Ten minste n Nederlander ken Gert Vlok Nel se digkuns deur en deur, en sy naam is Gerrit Komrij, pous van die Nederlandse letterkunde. En 
Komrij weet 'n ding of twee van gedigte af. Daarom s dit baie dat Komrij nie minder nie as agt gedigte van Gert Vlok Nel in sy 
langverwagte bloemlesing van die Afrikaanse posie opgeneem het. 'n Veelseggende voetnoot: van Antjie Krog het hy slegs twee meer gekies. 
Komrij het Gert Vlok Nel self uitgenooi om aan Winternachten te kom deelneem. Nog 'n bloemleser van Afrikaanse posie, die bekende vertaler 
Robert Dorsman,   het Loit Sls uitgenooi.

Die twee kry toe die geleentheid om voor 'n uitgelese gehoor te sing en hul posie voor te dra -- Sls luid en uitbundig, Gert Vlok Nel 
besadig en sag.

Tydens 'n vraaggesprek word Gert Vlok Nel lelik selfbewus oor sy Afrikaans. Hy's bang mense verstaan hom nie, en vra skaam of hy nie maar 
Engels kan praat nie. Waarop die gespreksleier, die bekende literre kritikus Michael Zeman, weier en s dat dit nou juis die unieke is: 
dat Nederlanders die mooi Afrikaans kan hoor.

Veel lewer die debat nie op nie. Voor die optredes was dit anders, toe spat die vonke tussen Komrij en Dorsman oor die vraag of Afrikaanse 
posie in Nederland wel of nie vertaal moet word. Dorsman is natuurlik 'n vurige voorstander van vertalings, terwyl Komrij volhou dat hy 
met sy "boereverstand" die Afrikaanse digkuns moeiteloos kan lees.

N die geklets tree Sls en Gert Vlok Nel in die voorportaal van die Theater aan het Spui op. Geesdriftige applous begroet elkeen se laaste 
liedjie.

Later s die stil man privaat: "Jis, daardie singery is darem lekker, man. Ek wil eintlik van die posie probeer wegbeweeg "

Hokaai! Jy wil wat?

Oor hoe ernstig Gert Vlok Nel hiermee is, kan 'n mens net gis. Hy kom immers soos 'n argetipiese arties voor: vol nukke, wil nie deel van 
die hoofstroom wees nie en so voort.

Dis alles goed en wel, maar laat hom bowenal skryf. Uitgewers, publiseer asseblief lles.

Want hy verteenwoordig iets besonders  iets wat ons lankal nie meer in Afrikaans ken nie (op enkele uitsonderings na, soos A.H.M. Scholtz) 
en dit is eerlikheid. Sy verse is so pynlik eerlik dat 'n mens hom miskien nie kwalik kan neem as hy daarmee wil ophou nie.

Nog iets wat hy het, is 'n opgeiste vryheid om met die taal te maak en breek soos hy wil. Hierin het hy Loit Sls as 'n getroue vennoot. 
En vir die een Afrikaanse digter/akademikus/resensent wat gevra het of Sls se Goema [hoe hy sy taal noem] nou beteken dat almal met die 
taal kan maak wat hulle wil: uh -- ja!

Mens kan nie dink dat dt sleg sou wees nie -- verandering beteken mos groei en groei is byna altyd goed. Gawie Keyser   is 'n medewerker 
van Afrikaans Vandag in Amsterdam.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6121.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

